Tersia Jooste
083 759 1608

My passie vir die natuur en mense wat weet hoe om daarmee te werk, ons boere, was al sluimerend in die tyd wat ek as jong veldgids in Addo Olifant nagritte gedoen het.  Natuurlik het die gevoel weer sterk, na bykans 2 dekades in ‘n regspraktyk sy kop uitgesteek, en is my passie aangeblaas deur die belangrike boodskap van ontdekking, toerisme en ontwikkeling wat so  oortuigende deel van ons Afrikaanse geskiedenis uitmaak.  Ek het ‘n geleentheid gekry en Rhino Connect op die been gebring, en kan met groot dankbaarheid,saam my man en kinders, die plesiere en uitdagings van ons erfenis deel.

EmailFacebookInstagram
Mariska Nel

Direk na skool het ek gou my voete in die bosveld gevind en my veldgids en stapgids opleiding voltooi in 2010.  In 2011 is ek universiteit toe om 'n graad te voltooi in Ekotoerisme bestuur en is huidiglik besig met my Meestersgraad in Natuurbewaring waar ek fokus op die stress analise van Wit renosters tydens immobiliseering.  Ek sukkel om die stof van my skoene af te skud maar wanneer ek myself in dit stad vind werk ek hard saam met die Rhino Connect span op ons huidige projekte en lektor ek deeltyds by Tshwane Universiteit van Tegnologie in Natuurbewaring.  Bewaring is 'n passie en ek is dankbaar dat my werk my passie kan wees!

EmailFacebookInstagram
Jana Jooste

Na ek ‘n Bsocsci graad in Bedryfsosiologie en Arbeidstudies aan die Universiteit van Pretoria voltooi, daarna het ek 10 jaar in die korporatiewe wêreld gewerk voor ek my hoëhakskoene vir stapstewels verruil het.  Dit was die beste besluit van my lewe, ek geniet kwaliteit tyd met my man en seuntjie van 5 wat graag saam met sy mamma tyd in die veld spandeer en spring verder rond tussen my laptop, selfoon en vergaderings om al die administratiewe take agter Rhino Connect in orde te hou en verder droom ek daagliks oor nuwe projekte wat ons kan aanpak om die wonderbaarlike spesie van uitsterwing te red.

EmailFacebookInstagram
Sya van der Walt - Potgieter

More info to follow soon.

EmailFacebookInstagram