Renostermaan Vrouemaand

posted in: blogsarticles | 0

Renostermaan…

Ek was die eerste keer uitgenooi na ‘n Renostermaan (Vrouemaand, 2018), waar ek niemand geken het nie. Ons was ‘n klomp vroumense saam in die bos, na ‘n naweek is ons almal vriende daar weg!

Ek kom as ‘n reel baie in die veld. Eks mal oor diere en buitelug, het nog altyd bosvakansies verkies. Die grootste verassing vir my was dat ek so baie oor die veld en natuur geleer het by Renostermaan! (Ek was nou al op 3 sedert dien en leer nog steeds!) Natuurlik is die die grootste voorreg om so na aan die pragtige Renosters te kom en hulle in hulle byna natuurlike habitat te kan beleef, maar die kennis en visie verbreding wat jy op so naweek opdoen is onbeskyflik!

Ons, ek en my hele gesin, het nou al Renostermaan gedeel met mense van alkant van die lewe, die stads-japies tot bos-apies en meer, en elke keer neem almal iets nuuts saam hulle huis toe.

Almal weet dat ons Renosters bedreig is en op die punt van afsterwe staan, maar meeste mense weet nie hoe om te help nie. Almal vermoed dat geld nodig is, en ja dit kos baie geld, maar daar is soveel meer as net dit. Rhino Connect se Renostermaan program wys juis vir Jan-alleman hoe ons kan help om die pragtige diere van uitwisting te red, nie noodwending net met fondse nie, maar betrokkenheid en bewuswording van die groter probleem. Die privaat renoster eienaars, wat meer as 50% van die renosterbevolking huisves en geen subsidie van enige aard kry nie, word daagliks tot op die uiterste beproef. Met Renostermaan kom ons saam op hierdie plase om te help en leer wat bewaring eintlik benodig.

Betrokkenheid, renosters het spasie nodig, met spasie kom afstand, om seker te maak al die renosters is veilig elke dag beteken baie patrolering, ver patrolering! Hoe meer mense, hoe meer afstand word gedek, hoe meer heinings word inspekteer, hoe meer waarskuwings tekens word opgetel, hoe meer insidente word verhoed…
Die patrollies is uitputtend maar tog siels-verfrissend! Bos-terapie, van oud tot jonk, na ‘n naweek in die natuur sien mens weer kans vir wat voorle. My kinders geniet dit verskriklik, as die maan vol raak begin hulle al vra wanneer gaan ons Renosters toe. Hulle is ook baie trots om te se hulle skool is ook betrokke by bewaring met die ‘Pay it forward’ projek, hulle kom geduring op met idees vir herwinning en bewaring, hulle dink oor water besparing, en plastiek verbruik en so meer.

Bewuswording: elke mens het ‘n iets wat hy kan bydrae tot bewaring, partykeer is dit selfs net ‘n idee wat niemand anders al aan gedink het nie, of jy ken iemand wat ‘n oplossing vir ‘n unieke probleem kan bied. Netwerk en saamwerk, partykeer selfs op die kleinste simpelste manier, maak ‘n enorme impak.

Ek kan regtig ‘n Renostermaan aanbeveel vir ieder en elk, gesins naweek, spanbou, vroue-naweek of net ‘n lekker voel-goed wegbreek van die alledaags!

Rozelle Talma

 

pic