Connecting creation through preventative conservation.

Are you passionate about rhino conservation? Do you want to be part of ground-breaking volunteer work? At RHINO CONNECT our sole purpose is conservationrenostermaan1 and protection of rhinos in South Africa.

We cater for different groups of interest. Please fill out the form on the CONTACT US page after reading the information below, indicating your field and project of interest and we will provide relevant rates. Not only does the financial contribution assist in saving the species, but the physical presence of volunteers or campers also makes a significant impact for successful preventative rhino conservation!

Of jy avontuurlustig is, ‘n liefhebber van die natuur en of jy net ‘n bietjie tyd weg van die stad se gejaag benodig, hierdie naweek is beslis vir jou. Ons pakette is werklik waarde vir geld, die kos is uitstekend en jy sal nie maklik ‘n soortgelyke ondervinding en kontak met wild en die natuur, in Suid-Afrika vind nie. Dit alles terwyl jy proaktief ‘n bydrae lewer om ons erfenis te beskerm.

Dit is vir ons van groot belang om die publiek proaktief betrokke te kry by renosterbewaring. Deur self op ‘n privaat renostereienaar se plaas te wees, dag-tot-dag te beleef hoe en wat hul moet doen om hul renosters te bewaar, beveilig en te voer, is ‘n ondervinding waarmee mens huis toe gaan en eienaarskap laat neem van ons erfenis.

Die voete op die plase verseker dat ons, veral tydens volmaan periodes, die plase besig hou, goed moniteer en dit byna onmoontlik maak vir stropers om ongesiens die plase te betree. Die proaktiewe optrede maak ook voorsiening dat enige kriminele informante huiwerig is om informasie uit te gee, en dat boere oor daardie tydperk ‘n mate vir veiligheid en verligting kan beleef.

Volmaan naweke vir besprekings:

  • 1 Desember – 3 Desember 2017
  • 5 Januarie – 7 Januarie 2018
  • 2 Februarie – 4 Februarie 2018
  • 2 Maart – 4 Maart 2018
  • 30 Maart – 2 April 2018
  • 27 April – 1 Mei 2018
  • 24 Augustus – 26 Augustus 2018
  • 21 September – 24 September 2018
  • 26 Oktober – 28 Oktober 2018
  • 7 Desember – 9 Desember 2018

Wat kan jy verwag?

  • Verskeie soorte akkomodasie, alle etes, rondom die kampvuur en aansit ontbyt, beskuit vroegsoggens, koffie en tee;
  • Oorlewing, oberservasie en spoorsny kursusse in die bos, beweeg saam APU’s (opgeleide teen-stropings eenhede) en ontmoet die renoster eienaars;
  • Patrollies van grensdrade en kampe, monitering van renosters en ander wild.
  • DIE BELANGRIKSTE - Nadere kennismaking met ons renosters, opsporing per voet en voertuig, baie tyd saam met hul in hul natuurlike omgewing.
  • Kontak ons by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir kostes en plase wat tans betrokke is.

Wat gebeur met die fondse?

Ons fooie word so bereken, dat geen persoon ‘n verdere uitgawe vir die boer is nie, maar slegs ‘n ondersteuner van natuurbewaring. Ons help om die boer se werkslas te verlig, brandstof onkoste vir die patrolering vir die naweek te dek, asook u etes en verblyf.

Die privaatrenoster eienaars het tans baie hoë onkoste om die renosters te bewaar, voltydse APU’s, hoë sekuriteit, helikopters, “bat hawks” wat op bystand moet wees, en dan natuurlik veearts onkoste, voorkomend sowel as vir nasorg. Nie net moet die boere diep in die sak grou hiervoor nie, hul beleef ook tans die nadraai van ‘n intensiewe droogte en moet die renosters, soms ten koste van ander wildlewe, gevoer word.

Die boere voorsien ook dan tydens so ‘n volmaan waardevolle opleiding, goeie akkomodasie en smaaklike etes. Jy gaan amper voltyds in die veld wees en optimale wildsritte geniet tydens patrolering. Ons kan ongelukkig om sekuriteitsrede nie foto’s plaas en presiese areas deurgee nie.

Hoe beskerm ons die area waarin die renosters hul bevind?

Ons verseker dat elke persoon wat die verskeie plase betree ‘n verklaring onderteken waarin onderneem word om alle inligting veilig te hou, en word u volle besonderhede ook skriftelik versoek, alvorens u die plaas betree.

Ons behou die reg voor om ‘n kriminele ondersoek teen die individu se inligting te doen. Daar word ook verseker dat alle besoekers se selfone en ander elektroniese toestelle afgesit word by die laaste dorp, naaste aan die projek.

Wat benodig ek om die naweek mee te maak?

  • U voertuig moet kan beweeg oor grondpaaie, soms losserige sand, om by die plase uit te kom;
  • Saamry geleenthede kan soms tussen vrywilligers gereël word;
  • Klere in neutrale kleure;
  • Baie gemaklike, diensbare (toe) stapskoene;
  • Aangesien ons ook redelik per voet (en per voertuig) patroleer, sal so bietjie stap fiskheid voordelig wees;
  • Besoekers van enige ouderdom kan ge-akkomodeer word.
  • Met bespreking word ‘n volledige lys van benodighede aan u verskaf.

become involved